Hokkie

Marlene Nortjé het die afgelope week (19-25 Augustus 2013) die vroue hokkiespan van Gauteng Noord by die interprovinsiale toernooi te Port Elizabeth verteenwoordig. Die span van die Noordelikes het die toernooi goed afgeskop deur die KZN Raiders met 5-2 te klop. Hulle tweede wedstryd van die toernooi was teen die span van Weslike Provinsie, wat jaarliks onder een van die gunstelinge tel. Weersomstandighede het dit nie baie maklik gemaak nie, winde van ongeveer 50km/uur was die twee spanne se voorland in ‘n maak of breek wedstryd. Die span wat die wedstryd sou wen, sal bo in hul groep geëindig het wat hul sou verseker het van ‘n semi finaal. Noordelikes moes ongelukkig die knie gebuig het met ‘n 4-1 wen in die guns van die Weslike Provinsie. Dag drie was dit Noordelikes teen die jong, onervare maar lewendige span van die Vrystaat. ‘n Gelyk op uitslag sou genoeg gewees het vir Noordelikes om in die semi finale te kon speel. Met half tyd was Noordelikes 2-0 voor, maar die span van die Vrystaat het bly veg. In die 64ste minuut was die telling gelyk met 2-2. ‘n Strafhoek is aan Noordelikes toegeken en is afgerond deur die voormalige Protea speler Kim Hubach, wat ‘n wen vir haar span verseker het. Die vier spanne wat sake in die semi finale uitgespook het, was die span van Noordwes teen Weslike Provinsie met Noordelikes wat die ervare en ster belaaide span van Suidelikes die stryd aangesê het. Die Weslike Provinsie was net te sterk vir die span van Noordwes en het met ‘n gemakilike wen van 4-1 deur gedring na die finaal. In die tweede semi finaal het Noordelikes aanvanklik goed begin, alhoewel hul meeste van die wedstryd op verdediging was. Suidelikes was die beter span op die dag en het die wen deur gehak en hul plek in die finaal bespreek. Die wedstryd om die brons medalje is deur Noordelikes gewen, met ‘n 4-2 oorwinning teen die span van Noordwes. Met slegs 10 minute speel tyd oor, was die telling steeds op 2-2 gewees. Noordelikes het bly aanval en met twee doele kort na mekaar die westryd gewen. Suidelikes en Weslike Provinsie het mekaar in die finaaal ontmoet. Suidelikes het die eerste doel vir die wedstryd aangeteken maar die span van die Kaap het nie gaan lê nie. Kort na halftyd het die Kapenaars die telling gelyk gemaak. Met slegs minute oor, het Suidelikes se harde werk vrugte afgewerp en is die wen doel aangeteken. Suidelikes is die vierde keer in vyf jaar as nasionale kampioen gekroon. Dit was ook die 14de keer in 21 jaar wat die span van Johannesburg met die kroon wegstap. Van Logista se kant af wens ons Marlene baie sterkte toe met haar hokkie loopbaan, aangesien hierdie toernooi ‘n geleentheid was om haarself aan nasionale keurders te bewys.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.